Kry Daai Lyf met Linda Kriel op kykNET

Kry Daai Lyf USN Phedracut Lipo X Resepte


Thai Hoender Kerrie – Bedien 1 Persoon


Kry Daai Lyf met Linda Kriel op kykNET

Bestanddele:

  • 1 teelp olyf- of klapperolie
  • ui, opgesny
  • 120g hoender borsfilette, opgesny in repies
  • 1 eetlp groen kerrie puree (paste)
  • 100 ml klappermelk lae vet (Lite Coconutmilk)
  • 1 koppie sampioene en spinasie of murgpampoentjie, gewas en opgesny
  • ½  koppie blomkool, gerasper om blomkoolrys te maak.

Metode:

  1. Verhit olie in ‘n klein potjie, gooi ui by en braai tot sag.
  2. Gooi die hoenderfilette by en braai liggies.
  3. Sit die groen kerrie ‘paste’ by en roer die klappermelk in.
  4. Voeg die sampioene en spinasie of murgpampoentjies by en roer deur.
  5. Prut oor ‘n lae hitte vir 10 min.
  6. Voeg een eetlepel water by die blomkoolrys en mikrogolf vir 2 min op hoog.
  7. Dreineer die blomkoolrys.
  8. Bedien die Thai Hoender Kerrie bo-oor die Blomkoolrys.

Proteïen Pannekoekies – Bedien 1 Persoon


Kry Daai Lyf met Linda Kriel op kykNET
Lae-GI Plan

Bestanddele:

  • ¼ koppie fyngemaakte - of semelhawermout
  • 2 groot, eierwitte
  • ½ Skep USN Diet Whey IsoLean
  • 1 eetlp. natuurlike neutbotter
  • 1 teelpl klapper- of olyfolie vir braai

Metode:

  1. Meng die hawermout met USN Diet Whey Isolean
  2. Klits eierwitte en voeg  by die USN Diet Whey IsoLean en hawermout mengsel.
  3. Verhit ‘n kleefvrye pan en voeg olie by
  4. Gooi klein sirkels van die mengsel in die pan en bak aan albei kante – soos vir plaatkoekies.
  5. Bedien met neutbotter.
Lae-Koolhidraat Plan

Bestanddele:

  • 1 groot, eier
  • 1 skep USN Diet Whey IsoLean
  • 1 teelp. flax sade
  • 1 eetlp. natuurlike neutbotter

Metode:

  1. Klits eier en voeg die USN Diet Whey IsoLean en flax sade by en roer goed.
  2. Bespuit ‘n kleefvrye pan en verhit.
  3. Gooi klein sirkels van die mengsel in die pan en bak aan albei kante – soos vir plaatkoekies.
  4. Bedien met neutbotter.

Tuna Viskoekies – Bedien 1 Persoon


Kry Daai Lyf met Linda Kriel op kykNET

Bestanddele:

  • 170 g blik  tuna in water, dreineer
  • 1 groot, eierwit
  • knippie gemengde kruie
  • ¼ teelp. Sout
  • 1 teelp. olyf- of klapper olie
  • 1 koppie blomkool en brokkoli blommetjies,
  • 1 eetlp lae -vet maaskaas

Metode:

  1. Meng tuna, eierwit, sout en kruie saam.
  2. Opsioneel: Bêre mengsel in yskas vir 30 min wat dit makliker hanteerbaar maak.
  3. Vorm ‘n handvol van die mengsel in plat “patties”.
  4. Verhit die olie in ‘n kleefvrye pan.
  5. Braai die viskoekies tot goudbruin aan albei kante.
  6. Stoom die brokkoli en blomkool.
  7. Bedien viskoekies met 1 eetlepel Lae -vet maaskaas langs gestoomde brokkoli en blomkool.

Gebruik die kode: “LINDA10” op die USN webwinkel en kry 10% afslag op alle USN produkte.

Kliek HierOm die USN webwinkel te besoek

Onthou altyd: as jy aan ’n mediese toestand ly, moet jy jou mediese dokter raadpleeg voordat jy enige sport- of voedingsaanvullings gebruik. Hierdie produkte word ook nie aanbeveel vir vroue wat swanger is of borsvoed nie. As jy nie ’n produk kan gebruik wat stimulante bevat nie, is daar ’n stimulantvrye alternatief vir die PhedraCut Lipo X wat PhedraCut SF genoem word.