
Kry Daai Lyf USN Phedracut Lipo X Eetplanne
’n Nuwe jaar vra vir nuwe doelwitte. Watter beter tyd om jou beste ooit te lyk as die begin van ’n nuwe jaar? ’n Gesonde, effektiewe eet- en oefenplan is onontbeerlik om gewig te verloor en dit af te hou.
Maandag 1 Januarie 17:30 begin die Kry Daai Lyf oefenprogram op kykNET. Daar is ook elke dag gedurende die week 'n heruitsending. Doen dus - tesame met hierdie eetplan - die TV oefenprogram 3 tot 5 keer per week.
Hoe om die regte plan vir jou te kies: Soos jy kan sien, is daar twee eetplanopsies: Die Kry Daai Lyf Lae-Koolhidraat Eetplan en die Kry Daai Lyf Lae-GI Eetplan. Elke plan is verskillend ontwerp om mense met verskillende dieetvoorkeure te pas.

Die Lae-GI Plan: As jy daarvan hou om sekere koolhidrate in jou dieet te hê en vind dat om só te eet akkordeer met jou liggaam en spysverteringstelsel, is die Lae-GI Plan vir jou. Lae-GI beteken lae glukemiese indeks. Dit sluit koolhidrate in wat die liggaam langer neem om te verteer, wat jou langer versadig hou. Lae-GI koolhidrate soos bruinrys en rogbrood is hoër in vesel as eenvoudige, hoë-GI koolhidrate soos witbrood en witrys. Probeer om groentestysels soos patat en botterskorsie in plaas van gewone stysels in te sluit om meer vesel, vitamienes en minerale in te kry.
Die glukemiese indeks is ’n rangskikking van koolhidrate van 0 tot 100 gebaseer op die tempo waarteen hulle bloedsuiker verhoog. ’n Vinniger styging in bloedsuiker (soos met ’n hoër-GI koolhidraat) beteken dat die kos vinnig afgebreek word. Dit kan ’n skielike daling in bloedsuiker veroorsaak sodat jy sommer kort daarna plat en moeg voel. ’n Stadiger styging in bloedsuiker (soos met ’n laer-GI koolhidraat) hou die bloedsuiker stabiel en hou jou langer voller. Om meer lae-GI kosse te eet kan help met gewigsverlies en volhoubare energie verskaf.
As daar enige koolhidrate op die spyskaart is waarvan jy nie hou nie, vervang dit met 'n ander Lae GI koolhidraat op die Glukemiese Indeks.
Let Wel: Aan die onderkant van die eetplan is daar 'n alternatiewe ete, indien jy jou middagete of aandete met 'n "on the go" ete wil vervang!

Die Lae-Koolhidraat Plan: Jy het dalk opgemerk dat daar ’n neiging tot lae-koolhidraat diëte is. My Lae-Koolhidraat Plan is ontwerp om diegene te help wat sukkel om gewig te verloor terwyl hulle koolhidrate eet of wat aan glutenintoleransie ly. Hierdie eetplan is laag in koolhidrate, maar bevat steeds proteïen en gesonde vette om die regte nutriënte te verskaf en jou met jou gewigsverliesdoelwitte te help.
Jy behoort die Lae-Koolhidraat Plan te kies as jy in staat is om koolhidrate uit jou dieet te sny. As jy nie gluten kan verdra nie of sensitief is daarvoor, of as jy ’n diabeet is en sukkel om jou bloedsuiker te beheer, mag hierdie plan vir jou wees. Die Lae-Koolhidraat Plan is nie vol versadigde vette soos botter en room nie en sluit eerder gesonde vette in soos avokado, olyfolie en matige hoeveelhede neute om die kalorieë in balans te hou. Vet en proteïenryke kosse is ook meer vullend as koolhidraatryke kosse, wat help om kosdrange te voorkom.
Let Wel: Aan die onderkant van die eetplan is daar 'n alternatiewe ete, indien jy jou middagete of aandete met 'n "on the go" ete wil vervang!
Wat van aanvullings?
As jy in ’n apteek of ’n kruidenierswarewinkel instap, sal jy waarskynlik heelwat verskillende reekse sport- of voedingsaanvullings teëkom. Hulle het almal verskillende funksies en belowe verskillende dinge. Om die regte aanvullings te neem kan jou vordering verbeter en jou help om gouer by jou doelwitte uit te kom. Die aanvullingbedryf is reusagtig groot en dikwels ongereguleerd. Dit is belangrik om te weet dat die aanvullings wat jy neem veilig en van goeie gehalte is.
Die eetplanne wat ek aanbeveel sluit in produkte van USN, een van Suid-Afrika se leidende sportaanvullingsmaatskappye. Ek het gekies om USN-produkte in te sluit aangesien hulle deur ’n span wetenskaplikes en Geregistreerde Dieetkundiges geformuleer word, onafhanklik getoets word vir veiligheid en gehalte, asook effektiewe wetenskaplik nagevorsde bestanddele bevat.
Gebruik die kode: “LINDA10” op die USN webwinkel en kry 10% afslag op alle USN produkte.
Onthou altyd: as jy aan ’n mediese toestand ly, moet jy jou mediese dokter raadpleeg voordat jy enige sport- of voedingsaanvullings gebruik. Hierdie produkte word ook nie aanbeveel vir vroue wat swanger is of borsvoed nie. As jy nie ’n produk kan gebruik wat stimulante bevat nie, is daar ’n stimulantvrye alternatief vir die PhedraCut Lipo X wat PhedraCut SF genoem word.
Onthou, om gewig te verloor, moet jy oefen ook! Kombineer dus hiertoe eetplan met my Kry Daai Lyf oefenprogram op kykNET.
Alles van die beste vir jou gewigsverliesreis met die Kry Daai Lyf Plan!
Fiksheids-groete
Linda Kriel
Comments 22
Hi. Ek het betaal vir eetplan R55. Hoe maak ek dit oop.
Hallo Sonette
Ek het jou vraag met ‘n epos beantwoord.
Geniet jou eetplan.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Linda,
Ek wil net hoor, op die Lae GI plan, moet ek die biltong en appel eet as n snack of net een van die twee.
Ek wil ook hoor of ek alles moet eet op die plan, dit klink na baie. Ek bou ook baie vinnig spiere, so ek is nie seker of daai shake my gaan laat bulky lyk nie, (nie die look waarvoor ek gaan nie). Moet ek die CLA pille en die phedra cut drink? Klink ook soos baie.
Ek wil ook weet of ek die eet plan kan kombineer met die somerlyf, Kick start en fiks en fabulous planne se etes?
Jammer vir al die vrae.
Hallo Helena
Op die Lae GI moet of kan jy die snack eet soos op die plan. Appel en die biltong indien dit albei by snacks staan.
Die eetplan is deur ‘n Dieetkundige saamgestel vir vroue wat gewig wil verloor.
Ek stel voor jy probeer die plan volg soos voorgeskryf as jy gewig wil verloor.
Indien jy dit vir 3-4 weke gevolg het en jy verloor nie gewig nie kan jy sny op die porsie grootte en jou peuselhappie uitlos.
Indien jy steeds sukkel om gewig te verloor, verhoog jou Kardio program soos draf, stap, fietsry ens.
Die Shakes, Pedra cut en CLA is alles gemik daarop om jou te help om meer vet te verbrand.
Ja jy kan die eetplanne met AL Linda se planne kombineer.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
By die USN Lae GI eetplan, kan mens die volstruis vleis en vlapampoentjies met iets anders vervang, enige idees?
Hallo Martie
Die volstruisvleis kan met enige amder proteien vervang word soos maer maalvleis, hoender sonder vel, bees, vark, skaap alles sonder vet aan.
Vlapampoentjies kan met murgpampoentjies, butternut, herbert squash, patat ens. vervang word.
Jy kan die groentes op jou vervangingslys onder die Glukemiese indeks uitruil op jou eetplanne. Die spyskaarte is riglyne wat jy kan gebruik om self aan te pas en uit te ruil.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
More, kan ek die pomelo met ‘n ander vrug vervang? Kan dit net nie in my lyf kry nie!
Hallo Adri
Jy kan beslis die pomelo vervang met ‘n appel of naartjie of lemoen.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Môre, hoop dit gaan goed.
Ek het phexracut lipo xt gekoop en dit het my vreeslik sleg laat voel. Gaan phedeacut lipo x dieselfde doen?
Groete
Hallo Adri
PedraCut Lipo X het ‘n stimulant in. Verander eerder na PhedraCut SF wat stimulant vry is.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi
Wil net weet of kan ek dae om ruil met die eetplan? USN Lae GI eetplan
Dankie
Nicolene
Hi Nicolene
Jy kan enige tyd jou dae omruil. Jy wil net nie jou ontbyt met ‘n aandete ruil nie.
As jy gewig wil verloor hou die dae bymekaar aan die begin totdat jy verstaan en weet wat werk vir jou.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Linda. Eak wil graag jou dieet volg, maar is bang vir die USN. Vir hoe lank kan mens die USN produkte gebruik en wat is die negatief as jy die produkte stop maar die dieet nog volg.
Dan, ons het ‘n baie aktiewe sosiale lewe. Watse alkohol kan ons gebruik op die dieet.
Dankie
Melanie
Hi Melanie
Alle USN navrae kan jy aan USN se Dieetkundige rig, andy@usn.co.za en sy sal jou vrae beantwoord.
Alkohol is leë kilojoules omdat dit geen voedingstowwe bevat nie. Alkohol bevorder vetberging en is dus nie wys as jy gewig wil afskud nie. Alkohol verhoog ook jou eetlus omdat dit jou bloedsuikervlakke laat daal. As jy uitgaan vir die aand, drink baie water, Voor en tussen jou drankies. Bly weg van soet en romerige drankies want hulle het baie kilojoules.
Besluit ook vooraf hoeveel jy gaan drink en hou daarby.
Groete.
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
More Linda ek het die wenlyf en usn programme gekoop, ek wil net weet of ek van die eiers in die programme kan vervang met iets anders soos meusli en youghurt se 2keer ‘n week, die baie eier vang my ‘n bietjie. Kan jy ook asb vir ons ‘n banting meusli resep gee. Dankie Ida
Hallo Ida
Banting kan dit vervang met vleis soos spek of ham of salmon en Avo. Joghurt met Banting meusli maar nie granola meusli nie.
Kan ook kyk na die Smoothie opsie of selfs die Banting broodjie.
Die Banting Meusli is in die Fiks & fabulous eetplan beskikbaar.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Linda
Ek het USN Phedra Cut Lipo X en die Amino Ener-G aangeskaf.
Sien op die eetplan dat dit ook praat van USN Diet Whey IsoLean.
Laat weet my of ek laasgenoemde een ook moet kry.
Baie Dankie
Brenda Mouton
Hallo Brenda
Ek het USN se Dieetkundige gevra om jou vraag rakende die Whey Isolean te verduidelik.
USN Whey Diet Isolean Benefits include:
Building and maintenance of lean muscle mass. When you have more lean muscle your metabolism becomes faster and you burn more fat.
Low in carbs, fat and sugar
Contains L-Carnitine which turns your fat into fuel.
Ideal as a snack replacement or to use in recipes and smoothies.
So dit bly jou keuse of jy dit wil aankoop en gebruik.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Ek het betaal vir my eetplan maar kan dit nie oopmaak nie? R45.00
Hallo Elizabeth
Jou eetplan is aktief. Gaan na http://www.lindakriel.co.za en kliek op My rekening en teken in. Vul jou username en password in en login.
Sodra jy ingeteken het kliek op Eet en oefenplanne en jy sal jou plan sien. Daar sal ‘n foto wees met Linda op en onder die foto is die inhoud waarna jy soek. Kliek op die inhoud onder foto en lees en kliek waar nodig.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Ek het betaal vir my eetplan…R45…kan dit nie oopmaak nie…..
Hallo Mimi
Stuur asb vir my ‘n epos na info@lindakriel sodat ek jou kan help om die eetplanne oop te maak.
Lize xx