
Die Lae GI Eetplan
Nie alle styselryke kosse stel ewe vinnig glukose (suiker) in die bloed vry nie. Dis waarom jy gouer honger voel na ‘n sny wit roosterbrood vir ontbyt, as na ‘n bakkie High Fibre Bran en melk of ‘n sny Lae GI roosterbrood.
’n Manier om bloedglukosevlakke te beheer is om lae GI koolhidrate te eet. Die GI is ‘n numeriese maatstaf, waarvolgens koolhidraatryke voedsels op ‘n skaal van 0 – 100 ingedeel word, wat hul effek op bloedsuikervlakke reflekteer. (Sien die Glukemiese indeks hier onder, om jou te help om die regte keuses te maak.)
Voedsels met ‘n GI van 0 – 55 word lae GI genoem, die met ‘n GI van 56 – 69 word Intermediêre GI genoem en die met ‘n GI van 70+ word hoë GI genoem. Suikervrye voedsel het nie noodwendig ‘n lae GI nie en nie alle voedsel wat suiker bevat het noodwendig ‘n hoë GI nie.
Om hierdie rede word alle koolhidraatryke voedsels op werklike persone getoets, ten einde die GI daarvan te bepaal. Kosse met ‘n lae GI-waarde word as vetverbranders beskou en sal jou langer versadig laat voel omdat die suiker stadig in jou bloedstroom vrygestel word.
Op dié manier bly die insulienvlakke laer en verbrand jou liggaam nou meer vet vir energie, wat nie die geval is wanneer die insulienvlakke hoog is nie. Kosse met ‘n lae-GI waarde moet dus verkieslik geeët word.

Riglyne vir die Lae GI eetplan:
Wenke
Glukemiese Indeks van Lae-vet kosse
Probeer om slegs Lae GI koolhidrate te kies. Kosse of drankies met ’n intermediêre of hoë GI kan wel binne 30-60 minute na oefening van ’n halfuur of langer geëet word. Diabete moet geen hoë GI koolhidrate eet nie. Gebruik die onderstaande Glukemiese Indeks van laevet-kosse om intelligente keuses te maak wanneer jy koolhidrate eet.
Vir ’n volledige lys besoek GIFSA se webblad by gifoundation.com
