Dag 9

Dag 02: Stap/Draf


Hallo Daar!

Dit neem 21 dae om ‘n gewoonte aan te leer. As julle dus volhou met die program, behoort julle reg te wees om die res van die jaar aan te hou oefen en gesond te eet. Ja, daar gaan dae kom wat jy gekul het met jou eetgewoontes, of nie geoefen het nie. Dit is belangrik dat jy dan onmiddelik weer sal reg eet en oefen. Moenie dat dit 2 dae na mekaar gebeur nie. Dit geld vir die res van jou lewe. Onthou jy moenie hierdie Kickstart Plus sien as ‘n tydelike metode om gewig te verloor nie. Dit moet jou lewenswyse word.

Vandag gaan ons weer stap-draf. Indien jy dit wil vervang met enige ander kardio – soos bv fietsry, roei, stepper of een van my klasse vir vetverbranding op my DVD’s, is jy welkom. Dit is net belangrik dat jy kardio doen vandag vir ten minste die aantal minute wat ek uiteensit in die program.


Wenk:


As jy knieprobleme het, hou eerder by stap en maak jou program moeiliker deur met gewiggies van sowat ½ kg in elke hand te stap. Swaai jou arms flink vorentoe en agtertoe.

Jy kan die program op ‘n treadmill ook doen.

Beginnersvlak


Stap rustig: 30 Sekondes
Stap baie vinnig: 30 Sekondes


Totaal = 25 minute

Middelvlak


Stap vinnig: 2 minute
Draf: 2 minute

Herhaal die kombinasie oor en oor.


Totaal: 38 minute

Gevorderd


Stap vinnig: 1 minuut
Draf: 4 minute

Herhaal die kombinasie oor en oor.


Totaal: 48 minute