Day 7

Dag 07: Rus


Jy kan ’n paar strekoefeninge doen as jy voel jou spiere is moeg en seer van die week se oefeninge.


Wanner is die beste tyd om te oefen?


Luister na jou interne klok.

Daar is geen betroubare navorsing wat tot dusver kon bewys dat jou liggaam meer kilojoules ‘n sekere tyd van die dag verbrand nie. Maar wat wel ‘n feit is, is dat jou liggaam se sirkadiese ritme bepaal of jy ‘n oggend of ‘n aand persoon is. Sirkadiese ritme verwys na jou interne horlosie wat biologiese prosesse in ‘n 24 uur-siklus reguleer en dit het ‘n invloed op  bloedruk, liggaamstemeratuur, harttempo en hormoonvlakke. Alles wat jou gereedheid vir oefening bepaal. Hou dit in gedagte wanneer jy besluit wanneer om te oefen. Verder kan jy hierdie wenke volg:

  • Kies ‘n tyd waarby jy kan hou.
  • Kyk na jou leefstyl: wanneer moet jy werk toe gaan, wanneer verg jou kinders meer tyd van jou.
  • Probeer dan elke dag op diesefde tyd oefen.
  • Hou net ingedagte dat jy nie hoë impak oefeninge (soos aerobiese danse of hardloop) nét voor slapenstyd moet doen nie,  dit kan veroorsaak dat jy sukkel om aan die slaap te raak.

As jy soos ek is, wil jy die oefeninge soggens agter die rug kry. Maak nie saak hoe goed my voornemens is om smiddae te oefen nie, daar is bloot net te veel dinge wat my aandag aftrek, daarom doen ek dit eerste ding soggens. My sirkadies ritme wys dus dat ek ‘n oggend-mens is…


Alkohol kan jou vet maak!


Ek wil nou nie ‘n pretbederwer wees nie, maar … As jy sukkel met jou gewig, is dit beter om glad nie, of – as dit te moeilik is vir jou – baie matig alkohol te gebruik.

Die energie afkomstig van alkohol staan bekend as leë kilojoules omdat dit geen voedingstowwe bevat nie. Alkohol veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke daal en is dus verantwoordelik vir ‘n groter eetlus. As ek weet ek gaan die aand ‘n glasie wyn drink, doen ek die volgende:

  • Ek maak seker dat ek harder oefen daardie dag.
  • Ek eet iets vetterig (maar gesond) voordat ek alkohol gebruik. Dit help dat ek nie té peuselrig raak nie.
  • Ek drink eers ‘n glas water voordat ek ‘n glas wyn drink.