Dag 20

Dag 20: Boude | Heupe | Maag


Ons doen vandag 2 oefeninge wat gemik is op die BOUDE, HEUPE en MAAG.

Tyd het gevlieg! Vandag is die laaste oefenprogram vir die Kick-Start Plus. Vir Sondag (Dag 21) gaan ek  vir jou wenke gee om jou gewig in toom te hou.

Jy kan óf die plan van vooraf begin en net ‘n moeiliker vlak doen, of jy kan volgende my Fiks & Fabulous OF 3 Weke 3 Punt Plan doen.

Kliek hier:

FIKS & FABULOUS

3 WEKE 3 PUNT PLAN

Onthou, ons is elkeen uniek. Hoe meer gewig jy het om te verloor, hoe vinniger gaan dit aanvanklik. As jy minder as 10 kg het om te verloor, gaan dit stadiger. Ons metabolismes en ons gene verskil en ons moet ons self nooit met ander vergelyk nie.

Dit gaan ook nie net oor gewigsverlies. Heelparty mense het deelgeneem om die regte oefenprogram aan te leer. Om fiks en ferm te word, of om gesonde eetgewoontes aan te leer.

Ek wil graag van julle hoor! Lewer asb kommentaar op my facebookblad en vertel wat die Kick-Start Plus vir jou beteken het. Sulke kommentaar inspireer ander mense om ook te begin oefen. My doel is om ons Suid- Afrikaanse vroue te inspirreer om te oefen en ‘n gesonde leefstyl te kweek, want as die vrou in die huis gesonde gewoontes het, inspirreer sy ook haar hele gesin.

GEE JOU BESTE !

1) Boude & Heupe


Beskrywing Van Oefening:

1a) Hand op die heup: Staan handeviervoet en plaas jou linkerhand op jou heup en jou linkerbeen uit na die kant. Jou middellyf werk baie harder op dié manier omdat jou maagspiere jou help om te balanseer. Trek jou maag in wannneer jy dié oefening doen. Beginners kan albei hande op die grond hou.

1b) Lig die been sywaarts: Ontspan jou voet wanneer jy jou been sywaarts oplig. Hou jou maag ingetrek. Die boudspier van die been waarop jy staan werk hard, want hy dra jou liggaamsgewig. Jou buitebene en heupe werk wanneer jy jou been sywaarts lig.

B = 2 stelle van 10 elke been

M = 3 stelle van 15 elke been

G = 3 stelle van 25 elke been

2) Maag


Beskrywing Van Oefening:

2) Laterale maagopsitte:
Lê op jou linkersy met jou liggaam in ’n reguit lyn. Plaas jou linkerarm op die vloer voor jou uitgestrek en jou regterhand agter jou kop. Lig nou jou bene albei op en laat sak weer. Hou
jou voete bymekaar. G =  lig terselfdertyd ook jou bolyf sywaarts op. 

B = Doen 2 stelle van 10 elke kant

M = Doen 3 stelle van 15 elke kant

G = Doen 3 stelle van 25 elke kant