Dag 18

Dag 18: Mooi Arms & Plat Maag


Vandag gaan ons fokus op die middellyf (core) en die Triseps (agterste deel van jou bo-arms.) Jy gaan net 2 oefeninge doen.

Warm net jou bolyf eers op voordat jy begin, deur jou arms te sirkel en oop en toe te maak en allerhande arm-bewegings te doen vir omtrent 2 minute.

1) Papierbord Oefening


Beskrywing Van Oefening:

1)Maag (core) & Arms. Fietstrap op papierborde:

1a: Hou jou lyf in ’n reguit lyn: Hierdie is die beginposisie: Staan handeviervoet, met jou voete op twee papierborde. Hou jou lyf in ’n reguit lyn, met jou bene na agter. (Beginners kan die boude effens oplig.) Trek jou maag in en moenie jou rug hol maak nie. Arms is reguit.

1b: Oefening 1: Fietstrap op die borde: Bring nou jou regterknie in na jou bors. Maak hom weer reguit en terselfdertyd bring jy jou linkerknie in na jou bors. Soos ’n fietsry aksie. Wanneer jou een been gebuig is, is jou ander been reguit.

B = 3 stelle van 10 sekondes

M = 3 stelle van 20 sekondes

G = 3 stelle van 40 sekondes

2) Triseps (Arms)


Beskrywing Van Oefening:

2)Trisep-dips: Werk agterste deel van jou bo-arms.

Plaas jou hande agter jou op die stoel (of bad) se rand. Jou arms moet gebuig wees. Plaas jou voete ’n entjie voor jou en lig jou tone op. Maak nou jou arms reguit en voel hoe die trisepspier aan die agterkant van jou bo-arms saamtrek. Keer terug na die beginposisie deur weer jou arms te buig.

B = Doen 2 stelle van 10

M = Doen 3 Stelle van 15

G = Doen 3 Stelle van 20 (Om dit nog moeiliker te maak, kan jy ook jou bene reguit maak)