Dag 16

Dag 16: Stap/Draf vir Vetverbranding


Hallo Daar!

Die rede hoekom baie mense sukkel om by ‘n dieet te hou is omdat dit gewoonlik te drasties is. Waak teen té drastiese eetplanne! Wat ek graag wil hê jy moet regkry ná hierdie 21 Kickstart Plus program, is om die Lae GI koolhidrate of Banting-eetplan, deel van jou lewenswyse te maak.  Jy het ‘n 21 dae spyskaart en kan daarna net weer van vooraf met dit begin of self jou eetplan verander: bv Vervang die proteien met ‘n ander proteien of – as jy die LAE GI plan doen – kyk op die Glukemiese indeks watter ander koolhidrate kan jy eet wat ook LAE GI is. As jy Banting doen, eet verskillende soorte proteïen en wissel ook jou groente af. Soms kan jy bv spinasie met fetakaas vir ontbyt eet saam met jou chorizo en eier en ander dae kan jy sampioene en rooi-en geelrissie vir ontbyt eet, ensovoorts. Maak jou eetplanne lekker en opwindend, dan sal jy baie makliker vir die res van jou lewe volgens daardie manier kan eet.


Beginnersvlak


Stap rustig: 30 Sekondes
Stap baie vinnig: 30 Sekondes


Totaal = 30 minute

Middelvlak


Stap vinnig: 1 minute
Draf: 2 minute

Herhaal die kombinasie oor en oor.


Totaal: 40 minute

Gevorderd


Stap vinnig: 30 sekondes
Draf: 4 minute

Herhaal die kombinasie oor en oor.


Totaal: 50 minute