Dag 13

Dag 13: Muffin-Tops


Hallo Vriendin

As julle gister (Dag 12) se HIWO gedoen het, het jy verseker baie gesweet en baie vet verbrand. As julle dit nie gedoen het nie MOET jy dit vandag of more doen. Dit is ‘n baie belangrike program. Jy kan ook vir die toekoms onthou om Dag 12 se HIWO sommer een maal per week te doen.

Vandag gaan ons net aan die Muffin-Tops werk. Daardie vetrolletjie om jou middellyf. Onthou, as jy daarvan ontslae wil raak moet jy:

  • die oefening wat ons vandag gaan doen – asook ander maagoefeninge – gereeld doen,
  • kardiovaskulêre oefeninge doen soos wat ons Maandag, Woensdag en Donderdag gedoen het, want dít verbrand die vetlagie.

KANTPLANK


Beskrywing Van Oefening:

KANTPLANK: Lê op jou regtersy en maak jou bene reguit, met jou linkervoet wat rus op jou regtervoet. Jou liggaam is in ‘n reguit lyn. B = Staan op elmoog, M & G= reguit arm. Trek jou maag in en lig nou jou regterheup op sodat jou regterarm en regtervoet as ‘n stut dien.  Bly in die posisie:

Beginners vir 15 sekondes
Middelvlak vir 40 sekondes
Gevorderde vlak vir 60 sekondes.

Rus ‘n paar sekondes en herhaal aan die anderkant.

Doen hierdie oefening 2 keer deur die loop van die dag.