
Banting Resepte
Let Wel: By sommige resepte is die foto nie noodwendig die werklike uitbeelding nie, maar slegs vir visuele doeleindes.
Banting Muffins

Bestanddele:
Metode:
- Voor verhit die oond tot 180°
- In ‘n mengbak, kombineer al die droë bestandele.
- In ‘n aparte mengbak klits al die nat bestandele saam.
- Voeg die nat beslag by die droë mengsel en meng baie goed saam met ‘n handklitser of houtlepel.
- Verdeel die beslag tussen die muffin-pannetjie. Sprinkel kaneel en xylitol bo-oor die individuele muffins.
- Bak vir 25 tot 30 minute
Soet Sade Mengsel

Bestanddele:
Metode:
Rooster die neute, sade en vlokkies saam in ‘n droë pan op medium hitte. Sodra die klapper vlokkies begin verbruin voeg die xylitol en kaneel by. Laat dit effens karameliseer en verwyder van die hitte. Geniet.
Bircher Muesli

Bestanddele:
Metode:
- Plaas die sade en neute in ‘n bak, bedek met water – laat staan oornag.
- Gooi die water af, spoel die sade en neute af met aparte skoon water.
- Plaas die mengsel in ‘n voedselverwerker, tesame met die kookwater, sout, xylitol, vanilla en klapperroom of amasi. Blits alles saam tot ‘n gladde puree (lyk soos hawermout)
Bloubessie Kaaskoek Smoothie

Bestanddele:
Metode:
Blits al die bestanddele saam in voedselverwerker (blender) tot goed gemeng.
Eier Wraps/pannekoek
(maak 3-4 medium wraps)

Bestanddele:
Metode:
- In ‘n voedsel verwerker, meng al die bestandele saam tot glad.
- Laat die beslag rus vir 5 minute.
- Smelt klapperolie in ‘n pan en gooi genoeg van die beslag in die pan (dit moet die dikte wees van ‘n pannekoek). Sodra die beslag gestol het en jy dit kan oplig met ‘n eierspaan, dop die wrap om laat dit verbruin aan die ander kant.
- Verwyder van die pan sodra gaar en hou warm terwyl die ander wraps voorberei word.
Om pannekoek te maak– vervang die roomkaas met ‘n ½ koppie klapper melk en gebruik 2 eetlepels klapper meel. Volg dieselfde metode as vir die wraps. Maak 5-6 pannekoeke.
Wraps of pannekoek kan bedien word met ‘n vulsel van jou keuse bv. tamatie, feta kaas, hoender, sampioene, maalvleis ens. of maak dit soet deur kaneel en xylitol te meng en oor die pannekoek te strooi
Quiche – Korsloos

Bestanddele:
Metode:
Verhit spek en braai liggies in olyfolie. Voeg by uie en braai liggies tot gaar. Gooi sampioene by.
Klits eiers, room, mosterd asook parmesan kaas saam tot goed gemeng. Voeg die spek mengsel by die eier mengsel en vou die cheddar kaas asook pietersielie in. Quiche mengsel gaan dan in oondvastebak en bak vir 30-45 minute by 180⁰C.
Nota: ‘n verskeidenheid van vulsels kan gebruik word soos aspersies, spinasie, spek, sampioene, tuna, biltong of uie.
Thai Hoender Kerrie

Bestanddele:
Metode:
Verhit klapper olie in ‘n pan en roerbraai die honder vir 2-3 minute op medium tot hoë hitte totdat brgin verbruin. Geur met sout en peper.
Voeg by al die groente en roerbraai vir 3 minute. Voeg by die klapper room, knoffel asook Kerriepasta en laat prut oor laë hitte vir 10-15 minute. Bedien saam met groen bone en blomkool rys.
Nota: Die hoender kan ook verwang word met prawns.
Romerige spek, blomkool, spinasie en sampioen sop

Bestanddele:
Metode:
Verhit die botter in ‘n pot, snipper die spek in klein blokkies en braai in die botter/olie vir 1-2 minute. Voeg by die sampioene, sprietuie en blomkool en braai tot sag. Voeg by die aftreksel, water, knoffel, 1 ½ koppie room, sout, peper en gedroogde kruie – laat prut oor matige hitte vir 15-20 minute. Voeg die die spinasie by 5 minute voordat die sop van die hitte verwyder word. Verwyder die pot van die stoof en puree die sop met ‘n voedselverwerker of stick blender. Plaas die sop terug op die stoof vir ‘n verdere 10 minute op ‘n baie lae hitte. Pas die dikte van die sop aan deur die meer of minder water by te voeg.