Die Lae GI Eetplan


Nie alle styselryke kosse stel ewe vinnig glukose (suiker) in die bloed vry nie. Dis waarom jy gouer honger voel na ‘n sny wit roosterbrood vir ontbyt, as na ‘n bakkie High Fibre Bran en melk of ‘n sny Lae GI roosterbrood.

’n Manier om bloedglukosevlakke te beheer is om lae GI koolhidrate te eet. Die GI is ‘n numeriese maatstaf, waarvolgens koolhidraatryke voedsels op ‘n skaal van 0 – 100 ingedeel word, wat hul effek op bloedsuikervlakke reflekteer.

Voedsels met ‘n GI van 0 – 55 word lae GI genoem, die met ‘n GI van 56 – 69 word Intermediêre GI genoem en die met ‘n GI van 70+ word hoë GI genoem. Suikervrye voedsel het nie noodwendig ‘n lae GI nie en nie alle voedsel wat suiker bevat het noodwendig ‘n hoë GI nie.

Om hierdie rede word alle koolhidraatryke voedsels op werklike persone getoets, ten einde die GI daarvan te bepaal. Kosse met ‘n lae GI-waarde word as vetverbranders beskou en sal jou langer versadig laat voel omdat die suiker stadig in jou bloedstroom vrygestel word.

Op dié manier bly die insulienvlakke laer en verbrand jou liggaam nou meer vet vir energie, wat nie die geval is wanneer die insulienvlakke hoog is nie. Kosse met ‘n lae-GI waarde moet dus verkieslik geeët word.

Riglyne vir die Lae GI eetplan:


  • Sny sover moontlik sigbare sowel as verskuilde vet uit jou dieet. Onhou as jy koolhidrate insluit in jou eetplan moet jy laevet eet!
  • Eet kosse met ‘n GI waarde van 55 of laer. Sien Glukemiese Indeks. Gebruik die Glukemiese Indeks om koolhidraat uitruilings te maak.
  • Eet gereeld klein maaltye. As jou porsie te groot is sal jy steeds nie gewig verloor nie. ‘n Porsie moet in die palm van jou hand pas.
  • Drink genoeg water. Dit help om koolhidrate as glikogeen eerder as vet te berg. Sien detox-water resepte onder Resepte.
  • Eet aanbevole porsies. As jy dink dat jy nog honger is, kan jy 15 minute wag en as jy nog honger is, eet nog groente.
  • In die Fiks & Fabulous Plan kan jy jou spyskaart meng en pas. Jy sal die energie waardes van elke ete sien op die eetplan. Dit is só ontwerp dat indien jy meng en pas, jy nog steeds in die 5000 tot 5400 kJ grens val. BEHALWE Sondae. Sondag se etes moenie gemeng en gepas word met ander dae nie. Jy kan wel die proteïene met ‘n ander tipe proteïen vervang en jou koolhidrate met iets anders op die Glukemiese Indeks vervang , andersins moet jy ‘n ander spyskaart op ‘n Sondag volg.
  • Jy kan kosse vervang met iets in dieselfde voedselgroep bv een proteïen vervang met ’n ander proteien: ’n hoenderborsie vervang met ’n stukkie maer biefstuk ens. Gebruik die Glukemiese Indeks as jy koolhidrate wil vervang en kies koolhidrate in die Lae GI kategorie.

Wenke


  • Suiker en Heuning: Probeer suiker uit jou eetplan sny! Suiker is nie Lae GI nie en dit veroorsaak skommelinge in jou bloedsuikervlakke wat veroorsaak dat jy kort-kort honger voel. Gebruik liewer gesonde versoeters soos Stevia of Xylitol. Heuning het wel baie gesonde eienskappe, maar as jy probeer gewig verloor, eet dit baie matig. Daar is somtyds heuning ingebring tydens die ontbyte van die eetplan, maar moenie meer as dit per dag eet nie. Een eetlepel heuning bevat 92 kilojoules; 1 teelepel suiker bevat 67 kJ; 1 teelepel Xylitol bevat 40 kJ.
  • Jogurt: Jy kan laevet vrugte jogurt eet, solank daar nie suiker bygevoeg is nie. Lees die voedingswaarde agter op. As dit kunsmatig versoet is, is dit laer in kilojoules. Ek verkies egter gewone jogurt, want dit is gesonder as versoete vrugte jogurt omdat daar geen preserveermiddels en kleurmiddels in is nie.
  • Om kilojoules te spaar, gebruik vetvrye of afgeroomde melk vir ontbytpap en dan kan jy laevet melk (2%) vir jou koffie of tee geniet.
  • ‘n Beter opsie vir ‘n smeer op jou brood of provitas is Hellmans Lite mayonnaise of laevet kaassmeer. Beide bevat heelwat minder vet as laevet margarien.
  • Vrugte: Hoe groot is ‘n porsie vrugte? Een porsie vrugte moet in jou handpalm pas terwyl jy jou vingers amper kan toemaak. Een porsie is twee of meer klein vrugte byvoorbeeld twee klein pruime, twee klein appelkose, 3 of 4 klein aarbeie of 8 – 10 klein druiwe. Medium-grootte vrugte: Een porsie is een vrug, soos appel, klein tot medium piesang, peer, lemoen, of nektarien. Groot vrugte: Een porsie is ‘n halwe pomelo, een sny papaja, een sny spanspek (5 cm sny), een groot sny pynappel of 2 medium skywe (opgesny moet dit in die palm van jou hand pas), of 2 snye mango (5 cm snye).
  • Koffie en tee: Jy kan 4 koppies tee of koffie drink per dag. Let op, daar is ‘n 3/4 koppie melk per dag ekstra toegelaat daarvoor. As jy nie koffie of tee drink nie, kry jy ‘n ekstra 100 ml jogurt eet per dag.
  • Wat om te drink: Drink BAIE (6-8 glase) water. Dit is uiters gesond en help met gewigsverlies. Sien my detoks-water resep by Resepte. Jy kan ook kunsmatig versoete koeldrank matig drink; groentee, koffie, tee. Alkohol maak jou honger. Wees dus versigtig dat jy nie gereeld alkohol gebruik as jy gewig wil verloor nie. As jy ‘n glasie drink, moet jy een koolhidraat uit jou eetplan sny vir die dag.

Glukemiese Indeks van Lae-vet kosse


Probeer om slegs Lae GI koolhidrate te kies. Kosse of drankies met ’n intermediêre of hoë GI kan wel binne 30-60 minute na oefening van ’n halfuur of langer geëet word. Diabete moet geen hoë GI koolhidrate eet nie. Gebruik die onderstaande Glukemiese Indeks van laevet-kosse om intelligente keuses te maak wanneer jy koolhidrate eet.

Kliek hierdie blokkie vir die Glukemiese Indeks

Vir ’n volledige lys besoek GIFSA se webblad by gifoundation.com


Comments 28

  1. Hello

    Ek wil baie graag eerder die Low GI volg as die banting maar ek is gluten intolerant.
    Enige voorstelle aangesien daar baie koring produkte in die dieet is

    1. Hallo Ursula

      Die Lae GI het koring produkte wat gluten bevat maar daar is deesdae heelwat alternatiewe in die winkels beskikbaar.
      Glutenvrye brood, wraps en pasta is te koop in die supermarkte en gesondheidswinkels.
      Jy kan jou etes uitruil waar daar nie gluten kosse voorkom nie.
      Onthou dit is ‘n lae vet eetplan. Kies ‘n eetplan wat by jou voorkeure en lewenstyl aanpas want jy gaan dit die maklikste volhou.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hi Annalisa

      Oatbran is hawersemels en nie hawermout pap nie.
      Kyk in die supermark dit is 2 verskillende produkte.
      Jy kan wel die hawermout en die oatbran uitruil met mekaar soos nodig.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hallo Linda

      Die eetplanne is reeds 5000-5400kj wat nie baie is nie. Maak seker jy neem nie te min kilojoules in nie.
      Jy kan dus kleiner porsies maar meer kere per dag eet. Jy wil seker maak jy kry genoeg energie en voedingswaarde in.
      Indien jy hard oefen maak seker jou bloedsuikervlakke daal nie agv te min energie inname nie.
      Die eetplanne is deur ‘n Dieetkundige saamgestel vir vroue om gewig te verloor en dus is die kilojoules reeds min.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hallo Chantell

      Gaan na http://www.lindakriel.co.za
      // kliek op My rekening en Teken in.
      // Vul jou username en password in en kliek op Login.
      // kliek op Eet-en Oefenplanne en jy sal jou plan sien. Kliek op jou plan. Daar sal ‘n foto wees met die logo op en onder die foto is die inhoud waarna jy soek.
      // Kliek op die inhoud onder foto en kliek op dit (bv inleiding, eetplan ens) waarna jy opsoek is.
      Geniet jou eet- en oefenplan!

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hallo Karin

      Na die detoks dag volg jy dag 1.
      Na ‘n week kan jy verander en by die dae inval soos dit hoort. Dag 1 is Maandag, dag 2 Dinsdag ens.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hallo Leandri

      Mens se gene, ouderdom, metabolisme, gemoed, stres, hormone, medikasie ens speel so ‘n groot rol met gewigsverllies dat daar geen waarborg is of tyd aan gekoppel kan word nie.
      As jy Linda se eet- en oefenplanne volg sal jy gewig verloor as jy geen mediese probleme het nie.
      Linda se eetplanne is saamgestel vir vroue wat gewig wil verloor. Die kilojoules van die eetplan met die oefeninge is van so aard dat jy gewig sal verloor, maar die tempo van verlies kan ons nie waarborg nie. Die terugvoering wat ons kry is positief maar die tempo verskil. Een dame het 4,5kg in 2 weke verloor, ‘n ander 2kg ens. Kitsdiete laat jou vinnig baie kilogramme afskud om later weer op te tel.
      Begin en hou aan jy sal resultate kry. En onthou dit moet ‘n leefstyl word nie ‘n dieet nie.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hi Skroefie

      Jy kan die avokado uitlos. of
      Jy kan lae vet maaskaas of ekstra olyfolie gebruik.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  2. Hi, Ek is swanger, maar ek het nou al bietjie te veel gewig opgetel, en ek oefen nie regtig met die swangerskap nie, maar ek wil nou stadig begin. Ek is 20 weke swanger. Moet ek my detoks plan aanpas, of kan ek hom net so doen. Ek word nie regtig honger nie, maar die eerste 18 weke, kon ek net simba ship, slap chips en aartappels geëet het, maar nou is ek weer reg met vleis en groente, maar ek wil nou net daai eerste paar weke se skade regmaak. Die Dr is baie happy met my baba, al het ek aan die begin so swak geeet, so ek dink die dieëet sal veilig wees, en ek sal ekstra proteine eet indien ek honger voel, maar ek het nie n vreeslike eetlus nie. Dankie baie.
    Vicky

    1. Hi Vicky
      Baie geluk met jou swangerskap. Met swangerskap is dit baie belangrik om ‘n gebalanseerde dieet te volg want jou baba gebruik baie energie van jou om te groei. Al Linda se eetplanne is gebalanseerd. Ek sou dink dat jy nie nou meer die detoks plan volg nie maar bespreek dit met jou dokter.
      As jy eers wil begin oefen op ‘n laat stadium van jou swangerskap vat dit maar stadig (lae intensiteit), maar jy kan en moet probeer oefen. Oefening is goed vir jou en jou baba. Swem was vir my ‘n heerlike oefening met my swangerskappe, maar jy kan heelwat van Linda se oefeninge doen, maar begin eers by die beginnersvlak.
      Sterkte vir die res van jou swangerskap.

      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  3. Goeie dag, wil graag weet of ek die verskillende dae se ontbyt en middagetes en aandetes kan omruil. En watter whey protein poeier stel julle voor vir die smoothie.
    Baie Dankie

    1. Hi Louhandi
      Jy mag die etes met mekaar uitruil.
      Die whey poeiers is USN se poeiers. Jy kan met ‘n USN konsultant by jou apteek gesels oor hul produkte.
      Groete
      Lize du Preez (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  4. Goeie dag ek begin maandag met my eetplan. Maar wil ook graag eers die detoks plan doen. Kombineer ek dit met my lae GI plan of is die detoksplan n dag op sy eie? En hoeveelkeer n week doen ek detoksplan? En dan wil ek ook weet ek gym vir uur lank in die oggende in die gym en namiddae 3 n week aerobics. Moet ek ook by dit jou oefenplan doen?

    1. Hi Natashia
      Dis altyd goed om met die detoks plan te begin op ‘n Sondagaand tot Maandag. Die detoks is ‘n dag op sy eie. Op jou eetplan sal jy die detoks dagplan sien.Detoks is een maal ‘n week om te begin. Met tyd kan jy dit een maal in 2 weke doen of een maal ‘n maand. Luister na jou liggaam.
      Jy kan jou gym progam doen, kyk net of hul jou hele liggaam aanspreek met hul oefeninge. So jy kan kyk as jy nie boudjies en maag doen IN GYM nie, kan jy dit aanvul met Linda se oefeninge.
      Geniet jou eetplan.
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  5. Hi, op die lae GI – spyskaart moet daar sade geeet word vir ontbyt? Watter tipe sade is dit?
    Asook waarmee kan ek muesli vervang vir ontbyt?
    Asook die smoothie, waarmee kan ek dit vervang vir ontbyt?

    1. Hi Annemie
      Op die Lae GI kan jy sonneblom-, pampoen en sesame sade eet. Dit bring ekstra vesel in en is baie gesond.
      In die plek van Meusli kan jy ENIGE graankos op eetplan dit mee vervang soos All Bran of Future Life.
      In die plek van ‘n smoothie kan jy die bestanddele soos die vrugte daarin net so eet in hul natuurlike vorm. Jy kan ontbyte uitruil met mekaar in jou plan.
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Goeie dag Belinda

      Ek hoop jy is al ver gevorder met die program en geniet dit.
      ‘n Groenslaai is, blaarslaai of baba spinasie of groen blare met komkommer, tamatie en ui.
      ‘n Slaai is wanneer jy ander bestandele by die groenslaai of sonder groenslaai meng soos feta of hoender of groente ens
      Hoop ek beantwoord jou vraag.

      Mooi dag!
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    1. Hallo

      Jy is welkom om enige tyd jou middag- en aandetes om te ruil.
      Hoop die plan werk goed vir julle.

      Mooi dag!
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply