Dag 13: Blits-program + Maag


Dag 12 en 13 (Vrydae en Saterdae) kan ook omgeruil word indien jy die Lang kardiosessie op ’n Saterdag in plaas van ’n Vrydag wil doen. Dus kan jy op ’n Saterdag:


  • óf die Vrydag (dag 12) Lang kardiosessie program doen,
  • óf die naaste Parkrun 5 km in jou dorp gaan doen. Elke dorp (of meeste dorpe) het ’n Parkrun.Dit is 5 km en jy kan stap of draf. Dit begin elke Saterdag-oggend 8h00. Sien Parkrun Inligting indie Inleiding
  • óf jy kan hierdie Blits-program doen plus die Maagoefeninge hier onder.

Hoë Intensiteit Blits – Program 5 minute


Nuutste navorsing toon dat jy tot 40% meer vet verbrand met Hoë Intensiteit Wissel-oefeninge. (HIWO). Doen hierdie 8 oefeninge vir 30 sekondes elk en werk teen ‘n hoë intensiteit. As jy baie energie het, kan jy dit 2 of 3 keer doen.


Maagoefening


  • Elmboog op na Hande Plank.
  • Doen 3 stelle van hierdie maagoefening vandag.
  • Kliek hieronder vir die kort video.

Leave a Reply