Dag 12: Lang Kardiosessie


Enige matige aërobiese oefening kan val onder dié Lang Kardiosessie.

Om eenvormig te wees gaan ons stap of draf op hierdie dae, maar jy is welkom om dit te vervang met ander aërobiese (kardio) oefeninge soos fietsry, trapklimapparaat (stepper), roeimasjien, of selfs my Vetverbranding DVD, vir dieselfde tyd as wat ek stap/draf voorskryf.

Kardio (aërobiese oefening) moedig jou vetselle aan om vet vry te stel in pleks daarvan om vet op te gaar. Dit word teen ‘n matige intensiteit gedoen (sowat 60-85% van jou maksimum harttempo), teen ‘n lang oefentyd.

Verbrand Vet Vinnig DVD met Linda Kriel


Kliek hier as jy my Verbrand Vet Vinnig DVD wil bestel

Nota: Dag 5 en 6 kan ook omgeruil word indien jy op Saterdae eerder die Parkrun (5 km stap of draf) op jou dorp wil gaan doen. (Sien Parkrun inligting in die Inleiding).

Beginnersvlak


Stap: 25 min

Middelvlak


Stap vinnig: 2 minute
Draf: 2 minute

Herhaal dié kombinasie totdat jy 40 minute gedoen het.

Gevorderd


Stap vinnig: 1 minuut
Draf: 7 minute

Herhaal dié kombinasie totdat jy 50 minute gedoen het.

Leave a Reply