Dag 07: Rus


Jy kan ’n paar strekoefeninge doen as jy voel jou spiere is moeg en seer van die week se oefeninge.


Wenke: Koffiewinkel Ontbyt


  • Cappuccino’s en Latte’s bevat baie kilojoules omdat dit so baie volroom melk bevat. As jy gewig wil verloor, bestel eerder ’n Americano (swart koffie). As jy my Lae GI eetplan volg bestel afgeroomde melk saam met jou koffie. As jy my Banting eetplan volg kan jy volroom melk of room bestel, MAAR dan moet jy minder kos eet!
  • Moenie muffins en croissants bestel nie.
  • Lae GI eetplan: bestel eerder geposjeerde of gekookte eier met Lae GI roosterbrood sonder botter.
  • Banting Eetplan: bestel ’n omelet met sampioene en spek of enige vulsel MAAR geen brood. Onthou as jy koffie met room of volroom melk bestel het moet jy sny op jou kos.

Comments 2

    1. Hi Leigh-Ann
      In Linda se verskillende oefenprogramme is daar strek oefeninge maar daar is nie ‘n enkele strek program nie.
      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply