Dag 06: Blits-program + Maag


Dag 5 en 6 (Vrydae en Saterdae) kan ook omgeruil word indien jy die Lang kardiosessie op ’n Saterdag in plaas van ’n Vrydag wil doen. Dus kan jy op ’n Saterdag:


  • óf die Vrydag (dag 5) Lang kardiosessie program doen,
  • óf die naaste Parkrun 5 km in jou dorp gaan doen. Elke dorp (of meeste dorpe) het ’n Parkrun.Dit is 5 km en jy kan stap of draf. Dit begin elke Saterdag-oggend 8h00. Sien Parkrun Inligting in die Inleiding
  • óf jy kan hierdie Blits-program doen plus die Maagoefeninge hier onder.

Hoë Intensiteit Blits – Program 5 minute


Nuutste navorsing toon dat jy tot 40% meer vet verbrand met Hoë Intensiteit Wissel-oefeninge. (HIWO). Doen hierdie 8 oefeninge vir 30 sekondes elk en werk teen ‘n hoë intensiteit. As jy baie energie het, kan jy dit 2 of 3 keer doen.


Maag


Doen soveel herhalings as wat jy kan in 30 sekondes.

Beginnersvlak


  • Doen elke stel net eenkeer
  • Kan kort-kort rus tussenin

Middelvlak


  • Herhaal 2 Keer

Gevorderd


  • Herhaal 3 Keer

Oefeninge


Beskrywing Van Oefeninge

  1. Bo-Maag: 30 sek | Rus 15 sek
    Voete gekruis en opgelig van die grond. Hande agter die kop. Kom op met jou bolyf en probeer jou elmboë aan jou knieë raak. Trek jou maag in.
  2.  Onder-Maag: 30 sek | Rus 15 sek
    Maak ’n skêr beweging met jou bene. Jou kop bly opgelig. Ondersteun jou kop met jou hande.
  3. Muffin-Tops: 30 sek | Rus 15 sek
    Buig kant tot kant met jou bolyf. Probeer die grond raak met jou gewiggies of met jou hande. Hou jou maag ingetrek.

Videos


1. Bo-Maag:

2. Onder-Maag:

3. Muffin-Top

Leave a Reply