Dag 02: HIWO (Hoë Intensiteit Wissel-Oefeninge)


Dinsdae is gewoonlik my HIWO dag! Ek is mál oor dié manier van oefen. Navorsing het getoon dat jy met HIWO tot 40% meer vet kan verbrand. Maar jy moet die program net een of twee keer per week doen en dit nooit 2 dae na mekaar doen doen nie. Dit is ‘n baie intense oefensessie en dit kan lei tot beserings indien jy dit oordoen. Gevorderde vlak kan dit ook Saterdae doen in plaas van die Blitsprogram. HIWO is ‘n oefentegniek waar jy voluit oefen, m.a.w. álles gee teen 100% inspanning vir ‘n baie kort tydjie, bv 30 sekondes, afgewissel met ‘n kort tydjie (bv 30 sek) rus of rustiger oefen. Die kort intense 30 sekondes neem jou harttempo baie hoog en dan bring jy weer jou harttempo af in die deel waar jy rus of rustiger oefen. In Engels is dit High Intensity Interval Training (HIIT).


Wenk:


Plaas die vorige aand al jou oefenklere uit. Dit is baie motiverend en jy sal makliker aan die oefen kom die volgende dag.

Opwarming:

Jy kan of net stap vir opwarming, óf jy kan my opwarming doen. Kliek hier vir die Opwarming Video

Wenk:

Jy jan hierdie program ook op ’n treadmill doen of op ’n binnehuise fiets of met ’n springtou.

Beginnersvlak


Stap rustig: of staan stil: 30 Sekondes
Stap baie vinnig: 30 Sekondes


Totaal = 15 minute

Middelvlak


Hardloop vinnig: 30 sekondes
Rus of stap stadig: 30 sekondes


Totaal: 15 minute

Gevorderd


Hardloop voluit: 30 sekondes
Stap stadig: 30 sekondes


Totaal: 24 minute

Nadat jy 12 minute voltooi het kan jy eers vir 1 minuut rus voor jy die volgende 12 minute doen.

Comments 2

    1. Post
      Author

Leave a Reply