
Banting Resepte
Let Wel: die foto’s by die resepte is nie ‘n werklike weerspieëling van die gereg nie. Dis net vir visuele doeleindes.
Ontbyt Resepte
Banting Muesli

Bestanddele:
Metode:
Rooster die klapper vlokkies (coconut flakes) en pampoensade in n droë pan totdat die vlokkies begin verbruin. Voeg by die res van die sade asook xylitol en kaneel. Laat toe dat al die geure inkorporeer. Verwyder van hitte en geniet.
Soet Sade Mengsel

Bestanddele:
Metode:
Rooster die neute, sade en vlokkies saam in ‘n droë pan op medium hitte. Sodra die klapper vlokkies begin verbruin voeg die xylitol en kaneel by. Laat dit effens karameliseer en verwyder van die hitte. Plaas in bedienings bakkie en geniet.
Bessie en Avokadopeer Smoothie (Maak 2 porsies)


Bestanddele:
Metode:
Blits al die bestanddele saam in voedselverwerker tot goed gemeng.
Koffie Smoothie (Maak 2 porsies)


Bestanddele:
Metode:
Blits al die bestanddele saam in ‘blender’ tot goed gemeng.
Ontbyt Wraps


Bestanddele:
Metode:
In ‘n voedsel verwerker, meng die eiers, sout en roomkaas saam tot glad. Maak die klapper fyn in ‘n koffie ‘grinder’ en voeg by die eier mengsel. Smelt klapper olie in ‘n pan en gooi genoeg van die beslag in die pan (dit moet die dikte wees van ‘n pannekoek). Sodra die beslag gestol het en jy dit kan oplig met ‘n eierspaan, dop die eier pannekoek om laat dit verbruin aan die ander kant. Verwyder van die pan sodra gaar en hou warm terwyl die ander pannekoeke voorberei word. Bedien dit met ‘n vulsel van jou keuse bv. tamatie, feta kaas, hoender, sampioene, maalvleis ens.
Middagete Resepte
Warm Spinasie Slaai


Bestanddele:
Metode:
Smelt die botter in ‘n pan en soteer die spinasie tot gaar. Plaas die spinasie in ‘n bedieningsbord. Braai die chorizo en songedroogde tamaties in dieselfde pan op medium hitte vir ongeveer ‘n minuut.
Plaas al die ander bestanddele bo-op die spinasie in die bedieningsbord en gooi heel laaste die chorizo en tamatie mengsel by. Geur met growwe peper. Bedien met suurlemoensap en olyfolie.
Quiche – Korsloos


Bestanddele:
Metode:
Verhit spek en braai liggies in olyfolie. Voeg by uie en braai liggies tot gaar. Gooi sampioene by.
Klits eiers, room, mosterd asook parmesan kaas saam tot goed gemeng. Voeg die spek mengsel by die eier mengsel en vou die cheddar kaas asook pietersielie in. Quiche mengsel gaan dan in oondvastebak en bak vir 30-45 minute by 180⁰C.
Nota: ‘n verskeidenheid van vulsels kan gebruik word soos aspersies, spinasie, spek, sampioene, tuna, biltong of uie.
Aandete Resepte
Banting Burger


Bestanddele:
Metode:
Meng al die bestanddele saam. Rol die vleis mengsel in groterige balle en vorm burger.
Verhit die klapper olie in ‘n pan en braai tot mooi goudbruin.
Murgpampoentjie ‘chips’


Bestanddele:
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade C. Verf die klapper olie oor die murg pampoentjies en plaas in bakplaat. Sprinkle sout, peper en kaas bo-oor. Bak vir 15 minute of tot gaar.
Bredie


Bestanddele:
Metode:
In ‘n pot, braai die lam in klapper olie tot bruin. Geur met sout en peper. Verwyder die lam en plaas eenkant tot later. Gebruik dieselfde pot en braai die uie en knoffel tot sag.
Plaas terug die vleis tesame met die suurlemoensap, neutmuskaat, koljander, xylitol, botter en laat kook oor ‘n lae hitte vir ‘n goeie uur – die vleis moet sag wees en van die been afval.
Sodra die lam sag is gooi die res van die groente by. Voeg water by bietjies op ‘n slag sodat dit nie droog kook nie maar ook nie te watering is nie – kook tot gaar. Geniet!
Mosterd Room Sous


Bestanddele:
Metode:
Smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte.
Voeg by die res van die bestanddele en laat prut vir 2-3 minute totdat die sous ‘n romeringe konsistensie het.
Thai Hoender Kerrie


Bestanddele:
Metode:
Verhit klapper olie in ‘n pan en roerbraai die honder vir 2-3 minute op medium tot hoë hitte totdat brgin verbruin. Geur met sout en peper.
Voeg by al die groente en roerbraai vir 3 minute. Voeg by die klapper room, knoffel asook Kerriepasta en laat prut oor laë hitte vir 10-15 minute. Bedien saam met groen bone en blomkool rys.
Nota: Die hoender kan ook verwang word met prawns.
Sop Resepte
Biltong, Spek en Murgpampoentjie Sop


Bestanddele:
Metode:
Verhit die klapperolie in ‘n pot, snipper die spek in klein blokkies en braai saam met die biltong in die olie vir 1-2 minute. Voeg by die murgpampoentjies en roer vir 2-3 minute.
Voeg by die res van die bestanddele en laat prut oor laë hitte vir 7-8 minute totdat die murpampoentjies begin afbreek en ‘n sop vorm. Pas die dikte van die sop aan deur meer of minder water by te voeg.
Romerige Blomkool, Spinasie en Sampioen Sop


Bestanddele:
Metode:
Verhit die botter in ‘n pot, braai saam met die sampioene, sprietuie en blomkool tot sag. Voeg by die aftreksel, water, knoffel, 1 ½ koppie room, sout, peper en gedroogde kruie – laat prut oor matige hitte vir 15-20 minute.
Voeg by die die spinasie, 5 minute voordat die sop van die hitte verwyder word. Verwyder die pot van die stoof en puree die sop met ‘n voedsel verwerker of stick blender. Plaas die sop terug op die stoof vir ‘n verdere 10 minute op ‘n baie lae hitte. Pas die dikte van die sop aan deur meer of minder water by te voeg.
Peuselhappie Resepte
Sout Sade Mengsel



Bestanddele:
Metode:
Rooster die neute, sade en klapper vlokkies saam in ‘n droë pan op medium hitte.
Sodra die klapper vlokkies(coconut flakes) begin verbruin voeg die speserye en klapper olie (coconut oil) by.
Laat die speserye die res van die bestanddele geur en verwyder van die hitte. Plaas in bedienings bakkie en geniet.
Mini Kerrie Frikadelle


Bestanddele:
Metode:
Meng al die bestanddele saam, behalwe die klapper olie. Rol die vleis mengsel in klein balletjies.
Verhit die klapper olie in ‘n pan en braai die balletjies tot mooi goudbruin.
Al die bogenoemde resepte is uit die resepteboek – Low Carb is Lekker – Ine Reynierse
Seed Loaf Recipe


This bread is delicious and super simple to make and is perfect if you are following a low carb way of eating. It is easy to slice and it also freezes really well.
Ingredients:
Method:
Instructions to make the Bread:
- Put all the seeds together in a blender or coffee grinder and mill till finely ground.
- Mix the dry ingredients together.
- Mix wet ingredients together and then combine with dry ingredients. A bowl and wooden spoon works just fine.
- Pour mixture into a greased and lined loaf tin.
- Sprinkle the top with poppy and sesame seeds if you want.
- 180 oven for 50 min.
It is really as simple as that!
Comments 13
More,
Ek wil net graag seker maak. Op die banting plan sal daar bv staan. Dag 5 middagete is ontbyt wraps. Kan jy dalk vir my n indikasie gee van wat is n porsie grootte? Sien nie rerig porsie aanduidings in die resepte of die eetplan nie, Ek wil nie te veel of te min eet nie. Baie Dankie
Hallo Emma
Met die Banting eetplan eet jy totdat jy versadig is en net as jy honger is. As jy gou honger raak tussen etes is jou vet inname tydens jou etes onvoldoende.
Dit is ‘n Banting wrap en jy vul dit met dit wat toelaatbaar is op jou eetplan. Jy eet tot jy versadig is.
Jy kan dus groot hoeveelheid groente eet wat op jou groenlys is. Jy pas jou porsies aan by hoe honger jy is. ‘n Hand grootte porsie is ‘n goeie hoeveelheid om mee te begin.
Banting gaan nie oor gramme en groottes nie, maar oor honger en watter tipe kosse.
Jy sal bv. ‘n groot ontbyt eet en nie honger wees teen middagete nie dan eet jy nie middagete nie.
As jy teen 3nm honger voel, peusel jy neute, kaas, biltong ens.
Onthou drink baie water.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hoe kan ek die resepte uit druk?
Hallo Annalisa
Daar is nie ‘n uitdruk opsie op die resepte op die eetplanne nie.
Het jy moontlik die regs kliek op jou muis probeer en die ‘print’ opsie gekliek? Of Ctrl p?
Anders neem ek ‘n ‘screenshot’ van die resep en gebruik dit vanaf my foon.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Wat doen jy as jy nie die cauli wraps of die banging brood het nie.?
Kan mens maaltye Ruil?
Hallo Lizette
Jy kan enige tyd jou maaltye ruil en ook uitruil met jou vervangings lyste op jou eetplan.
Jy kan die Banting brood en wraps ook koop in supermarkte deesdae. Kyk uit daarvoor in die yskaste in jou supermark of gesondheids winkels. Ons Checkers en Pick-a-Pay verkoop Banting wraps, pizza basisse ens.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
En Dan wil ek hoor waar Koop n mens Banting mayonnaise, of Wat kan jy Koop Lizel
Hallo Lizel
Die Mayonaise wat ’n mens in die supermarkte koop word gemaak van saadolie en (canola- , sonneblom- ens) en dit is taboe op die Banting eetplan. Maak jou eie gesonde mayonnaise, jy kan hierdie mayo tot ’n week lank in die yskas hou.
Bestanddele:
1 Hele Eier
2 Eiergele
1 eetl Dijon Mostert
Sap van een suurlemoen
1/2 (half) koppie klapperolie (coconut oil) ekstra virgin
1/2 koppie goeie kwalitiet olyfolie
1 eetl Dubbelroom jogurt
Sout en peper
(Dit maak 400ml)
Metode:
Kombineer die eiers, mostert en suurlemoensap in ’n voedselverwerker of met jou stokmenger (stick blender).
Smelt die klapperolie sodat dit vloeistof is. Moet dit egter nie te warm verhit nie, anders kan die eiers skif.
Draai die voedselverwerker op ’n vinnige spoed en gooi die klapperolie en die olyfolie stadig by die eiermengsel.
Sodra die olie- en eiermengsel goed gemeng is (ge-emulsifiseerd is), gooi die jogurt by asook sout en peper na smaak.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Kan die klapper vervang word met iets anders of heeltemal uitgeskakel word , ek kan klapper olie gebruik maar ek kan regtig nie klapper in kry (eet).
Dankie
Hi Liana
Jy kan klapper weglaat uit die resepte. Jy kan klapper vervang met Amandelmeel in geregte en gebak as jy wil.
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Baie dankie ek sal dit definitief prober.
Hoeveel porsies is die spinasie slaai, quiche en ontbyt wrap. Dankie
Hello Renee
Die resepte is deur ‘n dieetkundige uitgewerk. Die resepte is vir 4 persone.
Hoop jy geniet die program en vorder goed.
Mooi dag!
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
http://www.lindakriel.co.za