
Die Banting Eetplan
Omdat die dieetriglyne wat in die sewentiger jare aan ons voorgeskryf is – nl ‘n laevet, hoë koolhidraat-dieet – heeltemal verander het en dieetkundiges en wetenskaplikes nou voorskryf dat goeie vet in jou dieet noodsaaklik is en dat verfynde stysel en suiker (koolhidrate) eintlik verantwoordelik is vir hartsiektes en chroniese gesondheidsprobleme, skryf baie dokters en dieetkundiges nou die Banting eetplan voor vir hul pasiënte.
Dr Schoonbee van Stellenbosch lê klem daarop dat jy nie hierdie Banting eetplan as ‘n vinnige, kitsdieet moet sien nie, maar dat jy die Banting riglyne deel maak van jou leefstyl. Alhoewel jy ‘n 21 Dae spyskaart het, kan jy dit aanpas om by jóú voorkeure en metabolisme te pas. Porsie-groottes en hoe gereeld jy eet kan aangepas word. Banting is ‘n baie individualistiese eetplan. Jy eet slegs wanneer jy honger is. As jy genoeg vet in jou ontbyt eet gaan jy definitief nie 3 ure later lus voel vir ’n peuselhappie nie.
Dit kan gebeur dat jy soms eers by 15:00 weer honger voel. Jy kan dan óf die middagete op jou spyskaart eet, of as jy nie jou aandete wil bederf nie, peusel dan net aan ‘n handvol neute of ‘n stukkie biltong of kaas. Jy hoef dus nie ál die kos op die spyskaart te eet as jy nie honger voel nie. Maar as jy tussen etes honger word, beteken dit jou vorige ete het nie genoeg vet bevat nie. Peusel dan aan die peuselhappies wat onderaan die eetplan verskyn of drink ’n Bulletproof koffie (koffie met bietjie botter en klapperolie in).
(Dr Gerhard Schoonbee: Eikestad Mall Tel: 021 883 9090)

Riglyne vir die Banting eetplan:
Wenke

SIEN DIE 3 LYSTE HIER ONDER: Alles wat op die Groen lys is mag jy eet. Eet matig van die kos op die turkoois lys en vermy die kos op die pers lys. Kyk na die voedingswardes op etikette van kos. Die koolhidraatinhoud moet laag wees (tussen 0 tot 5 gram per 100 gram.)
Mag eet
- Vleis
Enige vleis, hoender en vis, wors en soutvleis, soos spek, ham, pancetta, salami, chorizo. Kies sover moontlik organiese vleis. (of vleis van diere wat gras gevoer is). As jy enige vleis/wors/salamai/chorizo koop, lees die voedingswaarde agter op die pakkie: die koolhidraatinhoud moet 5 of laer wees. Geniet die vet en die vel. As jy die vet/vel eet sal jy nie so baie eet nie, want dit maak jou gouer versadig.
- Vet en Olie
Diervet, spek, botter, klapperolie, olyfolie (nie tot rookpunt verhit nie), Mayonnaise (volroom) wat nie van plantolie gemaak is nie.
- Eiers (Ook die eiergeel)
- Suiwel
Kaas, room, roomkaas, volroom Griekse jogurt, volroom melk.
- Neute en Sade
Okkerneute, amandels, haselneute, makadamianeute, sonneblomsade, pampoensade ens.
- Groente:
Alle groente wat bokant die grond groei, soos aspersies, avokado, blomkool, brokkolie, kool, olywe, pampoen, rissies, sampioene, tamaties, uie.
- Versoeters
Xylitol, Stevia.
Eet matig
- Vrugte
- Kasjoeneute en kastanjes (chestnuts)
- Heuning
- Wortels, patats, botterskorsie, beet
Alkohol
Droë wit- of rooiwyn, whiskey, vodka, drankies sonder suiker. Indien jy egter vind dat jy nie gewig verloor nie, is dit beter om alkohol uit te skakel.
- Donker sjokolade (minimum van 70% kakao)
Die turkoois lys bevat tussen 6g en 25g koolhidrate per 100g
Vermy
- Stysel en graan
Pasta, aartappels, rys, brood, graankos, pap, meusli, pasteie, ryskoekies, beskuit, couscous, aartappelskyfies, en hoë stysel groente soos peulgewasse (boontjies , ertjies, lensies), (groenboontjies kan jy egter eet), aartappels, mielies, grondboontjies.
- Suiker
Enige iets wat suiker bevat, soos lekkergoed, stroop, koeldrank, energiedrankies, vrugtesap, cider, sjokolade, koek, roomys, droë vrugtelekkers en vermy ook fruktose en kunsmatige versoeters.
- Bier
Baie hoog in koolhidrate.
- Geprosseseerde olie
Kookolie, plantolie, sonneblomolie, canola olie, druiwepitolie, margarien. Enige souse en slaaisouse wat hierdie olies bevat.
- Kitskos of geprossesseerde kos
Comments 11
Hi Paula
The only english program we have is the Best Body Banting.
Linda does Afrikaans TV programs and magazines. Therefor there is only Afrikaans versions of the plans besides the Banting one.
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Maryke
Die Banting eetplan is soos enige eetplan daar is geen waarborg nie. Jy moet dit probeer om te weet. As jy dit vir 3 weke probeer het en werklik dit gevolg het en jy verloor nie gewig of sentimeters nie, probeer die Lae GI plan.
Gewigsverlies is individueel van aard. Jou begin gewig, metabolisme, gesondheid, aktiwiteitevlak ens speel ‘n rol in die tyd of spoed waarteen jy gewig verloor. Onthou alle kilojoules wat ingeneem en nie verbrand word nie, word gestoor.
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Leonie
Ek weet nie of jy moontlik al reggekom het nie. Kan jy asb vir my ‘n screenshot stuur sodra jy die program oopgemaak het sodat ek kan sien wat die probleem is.
Mooi dag!
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi,
Ek wil uitvind ek sien dat julle op facebook se dat daar is wel mense wat nie op die banting verloor (werk) nie.
Hoe gaan ek weet of dit vir my gaan werk, hoe moet ek dit meet?
Wat is normaal om te verloor op banting?
Hi Sanet
Die ‘vetverbranding sop” resep is in die Mooi Maag Plan, Wenlyf Banting plan en die Somer Lae GI Plan.
Die sop kom nie in die 3 Week 3 Punt plan en Fiks & Fabolous voor nie.
Indien jy ons nuutste Fiks & Fabolous Plan aangekoop het is daar heerlike ander soppe om te maak.
Mooi dag!
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Yolandi
Olyfolie, klapper olie, botter en avokado olie is die voorkeure. Makadamium olie ondergaan strukturele en chemiese veranderinge wanneer aan hoë hitte blootgestel word ( Anel – Dieetkundige). Olyfolie verkieslik ook nie aan hoë hitte blootstel nie.
Die ‘coconut’ olie werk rerig goed en mens raak die smaak gewoond.
Mooi dag!
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hello Leonie
Ek neem aan jy het die Fiks en Fabulous plan aangekoop?
As jy op die Linda Kriel tuisblad is en jy Kliek op EET EN OEFENPLANNE maak die hele plan se afdelings oop op skerm en jy kan op Banting eetplan kliek. OF
Jy kan ook op haar tuisblad op die EET EN OEFENPLANNE kliek en dan op Fiks & Fabulous naam of logo kliek en op die eerste bladsy met inleiding kan jy afgaan tot onder op bladsy en daar is groen blokkies wat aandui: Kliek hier vir die Banting of Lae GI Eetplan.
Ek hoop jy het reggekom.
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Linda,
jy verwys na ‘n ‘vetverbranding sop’ maar ek sien nie die sop se resep by die ander nie.
Of is dit een van die soppe wat reeds in die resepte is?
baie groete sanet
Is there any way of getting this in english as I requested when signing up?
Hi, Linda
Mag ek Macadamia Olie gebruik op die Banting plan pleks van Coconut Olie ?
Groete,
Y
Goeiemore.
Ek het so pas die eetplan aangekoop maar sien net die banting eetplan en nie die lae gi eetplan nie. Stel belang in die lae gi eetplan. Wat doen ek verkeerd dat ek dit nie sien nie?